14 December 2015

Ketone en Ketoasidose - wat is dit?

Selle het insulien nodig om glukose op te neem vir energie.  Kom ons beskou elke liggaamsel as 'n kamertjie met ’n deur, en die deur is gesluit. Glukose kan nie in die kamer inkom sonder dat die deur oopgesluit word nie. Insulien is die sleutel wat die deur oopsluit. Wanneer mens eet en glukose word in die bloed vrygestel, sê iets vir die betaselle op die pankreas om insulien vry te stel sodat die selle oopgesluit kan word en glukose as energie gebruik word.

By Tipe 2 diabetes is daar fout met die slot - m.a.w insulien word vrygestel maar kan nie die deur oopsluit nie of het 2 sleutels of meer nodig om die deur oop te sluit (insulienweerstandigheid) (Aan die begin moet die liggaam dus meer insulien vrystel vir glukose om opgeneem te word). Tipe 2 diabeet kan dus ook te veel insulien hê.

By tipe 1 Diabeet is daar nie insulien wat die deur kan oopsluit nie. Die betaselle op die pankreas wat insulien moet vrystel is vernietig, daarom word insulien ingespuit deur 'n pen, inspuiting of pompie.

(LW Tipe 1 diabeet gebruik insulien vir oorlewing en Tipe 2 diabeet om bloedglukose te beheer. 'n Tipe 2 word nie 'n Tipe 1 wanneer hy insulien begin gebruik nie)

Wanneer die selle nie glukose vir energie kan opneem nie dink die brein die liggaam en liggaamselle kry honger. Al wat wat die brein ervaar is die selle kry nie kos nie en kan nie energie vervaardig nie. (Al is die glukose hoe hoog in die bloed en die liggaamselle kan dit nie gebruik nie ly die selle "honger"). Hoë glukose is altyd 'n teken van te min insulien. (of in die geval van tipe 2 diabetes oneffektiewe hantering van insulien)

Die lewer stoor bietjie glukose in die vorm van glukogeen. Die eerste ding is die brein doen as hy sien die selle is honger is om vir die pankreas te sê skei glukagon af wat die lewer dan gebruik om glukogeen om te sit in bloedsuiker -  die bloedsuiker styg verder, maar die selle is nog steeds honger want daar is steeds nie insulien om die glukose op te neem nie. (Dis interessant om te weet dat die brein sy energie in die vorm van glukose net van die lewer se glukogeen kan kry en nie vanuit die glukose in die bloed nie. Hy kan wel sy energie kry van ketoonliggame. Glukogeen, in normale omstandighede, in die lewer is ook net genoeg vir ongeveer 12 ure (of selfs minder). Glukogeen in die spiere kan slegs gebruik word vir daardie spiere en kan nie in die bloed as glukose vrygestel word nie.)

Nou begin die liggaam liggaamsweefsel en vette afbreek om "kos" te kry. Maar in die proses vorm sure wat ketoonsure genoem word. Dit vergiftig die liggaam. Wanneer baie hoë ketone saam met hoë bloedglukose teenwoordig is vir 'n ruk (soms baie vinnig) kan Ketoasidose (DKA) ontstaan - die persoon/kind word geweldig naar, kry maagkrampe en kan in 'n koma gaan - hospitalisasie is noodsaaklik. Ketoasidose kom gewoonlik net by tipe 1 diabete voor.

Die niere is die "dumping sone" vir alles wat te veel is in die bloed - glukose en ketone. Teen die tyd dat ketone in die urine te bespeur is, is daar reeds langer as 'n uur ketone in die bloed. Daarom is dit gewoonlik beter om die bloed te toets vir ketone.

Let wel dat ketone in die teenwoordigheid van lae/normale bloessuiker gewoonlik nie noodwendig gevaarlik is nie en behoort voedsel saam met insulien dit weg te vat. Persone wat lae koolhidrate dieet volg het dikwels ook ketone. Daar word dan verwys na 'n staat van ketosis. Dis nie gevaarlik nie. Dis ook wanneer die liggaam aangepas is om vet en ketone te gebruik vir energie ipv koolhidrate.

Wanneer naarheid en braking voorkom moet te alle tye eerste vir ketone getoets word. Dit kan met 'n urienstokkie (Ketodiastix/Ketodiabur) of met 'n glukometer vingerprik bloeddruppeltoets (meer betroubaar) getoets word. Moenie net aanneem dat dit 'n maagvirus is nie. Wanneer jy nou vasgestel het bloedglukose en ketone normaal is, kan jy dan oorweeg dat dit 'n maagvirus is en ooreenkomstig behandel. Dit is altyd veiliger om met naarheid en braking hospitalisasie te oorweeg saam met Tipe 1 diabetes.  Maak egter seker ketone sowel as glukose vlakke deurentyd getoets word en dat insulien nie verminder word nie. Verhoogde insulien dosisse is gewoonlik nodig.

Indien daar egter ketone teenwoordig is, moet dit onmiddelik behandel word. (Sien siekdag prosedure)
Gewoonlik, wanneer die basale (agtergrond) insulien dosis ( dit is die basaal op die pompie of langwerkende insulien soos Lantus of levimer) reg is, behoort 'n kind nie sommer ketone te kry nie. indien ’n persoon gereeld ketone kry, kan dit beteken dat die basale insulien te min is en moet dit aangepas word. Bespreek dit egter met jou mediese span/dokter voordat enige aanpassings gemaak word.




Ander moontlike  oorsake van  ketone  is (1) siekte – as ’n persoon siek is, kan ketone vinnig ontwikkel en moet daarvoor getoets word. (2) Wanneer vergeet word om te bolus vir voedsel/koolhidrate, het die liggaam baie bloedsuiker en min insulien die gevolg kan ook ketone wees. (3) Wanneer die pomp 'n blokkasie het of om een og ander rede opgehou werk het, ontwikkel ketone baie vinnig (4) 'n Hoe vet lae koolhidrate dieet - dit is voedsel ketose en is nie gevaarlik nie.

02 December 2015

Dr Bernstein: Hipo- en Hiperglusemie (Lae en hoë bloedsuiker)

Lae bloedsuiker (hipoglusemie):


Hoe om hoë bloedglukose (hiperglusemie) te verlaag:


Wat is die ideale bloedsuikervlak (bloedglukose):


Navorsing oor hoë bloedglukose en breinskade:


Lae koolhidrate dieet verminder lae bloedglukose episodes


HbA1c


Normale bloedsuikervlak, groeiprobleme en breinprobleme by kinders:




Hoë bloedsuikervlakke en die vroulike vrugbaarheid




Kan DKA (diabetes ketoasidose) ontwikkel met normale bloedsuikervlak



Wat is die ideale bloedsuiker vir 'n kind:




Ketone, ketoasidose en hoë bloedsuikervlak:




Angs en hoë bloedsuiker:


Tipe 2 diabete en lae bloedsuiker - hoekom ?




Hoekom verkies sommige dokters 'n hoë bloedsuikervlak?









Dr Bernstein: Diabetes komplikasies

Komplikasies by kinders met diabetes:


Neuropatie (Senuwee skade):


Pyne in bene:


Oogkomplikasies:


Aterosklerose (Verkalking van are):

 

Kan komplikasies omgekeer word?


01 December 2015

Dr Bernstein: Diabetes en ander probleme

Kardiovaskulêre gesondheid (Hart):


Gastroparese:



Oogprobleme en diabetes:




Risiko vir hartaanval (koronêre aar verkalking):



Hipotiroied (ooraktiewe skildklier):



Angs en diabetes:


Depressie en diabetes:



Dr Bernstein: Die hantering van siekte saam met diabetes

Naarheid en opgooi:


Diaree:


Koors:



Boonste lugweg infeksies:



Hoe om 'n glukose drup en diabetes ketoasidose in die hopsitaal te vermy:


Gevallestudie: glukose drup en diabetes ketoasidose in die hopsitaal :


Dr Bernstein se videos: Basiese inligting oor diabetes

Inleiding


Wat is diabetes? 


Wat veroorsaak Tipe 2 diabetes?



Kan Tipe 2 diabetes omgekeer word?


LADA


Moet 'n tipe 2 diabeet insulien gebruik?


Wat ouers met nuur gediagnoseerde kinders moet weet:


Nuut gediagnoseer? : Raad en Advies














Dr Bernstein: Oefening en Diabetes (waarde en metode) vir Tipe 1 en Tipe 2 diabetes

Deel 1


Deel 2



Deel 3



Troy Stapleton - I Manage My Type 1 Diabetes By Eating LCHF


29 November 2015

Hoe word Tipe 1 diabetes gediagnoseer?

'n  Eenvoudige vingerpriktoets is soms al wat nodig is en kan die verskil maak tussen lewe en dood.  Soveel keer is dit die laaste ding wat 'n dokter doen en dis amper die eenvoudigste om te doen. Dis is veral nodig wanneer dit lyk of die kind 'n maagaandoening het en baie opgooi, aangesien dit tekens is van ketoasidose.

'n Verhoogde bloedsuikervlak dui reeds op diabetes.  Daar is egter 'n paar toetse wat gedoen kan word om te bepaal of 'n persoon reeds diabetes ontwikkel het asook om te bepaal of 'n persoon diabetes gaan ontwikkel. Die probleem by die laasgenoemde is egter dat daar nie bepaal kan word wanneer diabetes te volle gaan ontwikkel nie.

Vingeprik toets:

Die vingerprik toets is die toets waar die vinger met 'n skerp naald ('n lanset) geprik word, die druppeltjie bloed word dan op 'n strokie, wat in 'n glukometer gedruk is, geplaas en die meter gee 'n telling in millimol/liter (in Suid-Afrika)

Wat moet die telling wees?

Vastende bloedsuiker (nadat daar vir ten minste 8 ure nie koolhidrate ingeneem is nie - soos in die oggend) moet verkieslik tussen 4 mmol/l en 6.1 mmol/l wees; tussen 6.1 mmol/l en 8 mmol/l is aanvaarbaar en bo 7 mmol/l moet verdere toetse gedoen word.

Twee ure nadat geëet is (Post-prandiaal) is die optimale vingerprik 4mmol tot 8 mmol, 8mmol tot 10mmol is aanvaarbaar (maar kan dui op pre-diabetes), en bo 10 mmol vereis verdere aksie.

Die dokter sal dan hiermee saam ook kyk vir ketone. Dit kan sommer gedoen word deur die urine met 'n urienstokkie te toets..

Hierdie is die maklikse en eenvoudigste manier om te bepaal of die persoon diabetes het.

HbA1c

Hemoglobien A1c is ‘n toets om die gemiddelde plasma glukose konsentrasie te meet oor ‘n periode van 2 tot 3 maande. Dit word uitgedruk in terme van ‘n persentasie of in terme van mmol/mol Byvoorbeeld: Indien die pasiënt ‘n HbA1c telling kry van 6.9% beteken dit dat sy gemiddelde bloedsuiker ongeveer 9.2mmol/l is oor ‘n tydperk van ongeveer 12 weke. ‘n Volledige omsetting van A1c tellings kan hier gekry word.

Die toets word gewoonlik elke 3 maande herhaal na diagnose om te bepaal of bloedsuiker onder beheer is.

Dit is uiteraard belangrik dat die telling onder 6.2% gehou word. Tellings onder 8% is aanvaarbaar en tellings wat hoër is as 9% verhoog kanse vir diabetiese komplikasies.

Verdere toetse

Verdere laboratorium toetse kan gedoen word om Tipe 1 diabetes te diagnoseer.  Die merkers vir T1D sluit in:
Autoteenliggame vir pankreasselle; autoteenliggame vir insulien; autoteenliggame vir GAD  (glutamic acid decarboxylase) en en autoteenliggame vir tirosiene fosfatase IA-2 en IA-2β. Slegs 1 van die merkers is nodig om 'n diagnose te maak.  'n C-peptiede  toets  word dan ook gedoen. 'n Lae telling dui daarop dat die liggaam nie genoeg insulien vervaardig nie.

'n Persoon kan dalk die merkers hê maar nog geen simptome van Tipe 1 diabetes toon nie. Dit beteken dat die betaselle nog nie vernietig is nie. Dit bepaal egter nie wanneer die selle vernietig gaan word nie en wanneer die persoon simptome gaan begin ontwikkel nie.

Die vernietiging van betaselle kan enige tyd plaasvind. Dit kan ook langer neem (by volwassenes) of vinnig gebeur (by kinders).